Op jou stoep, soos jy dit soek


About us

About us

Geskiedenis

Die Nitrophoska-reis het in die laat 1960's begin toe ons stigter 'n geleentheid geïdentifiseer het om kalk en gips aan boere in die groter Wes-Kaap area te bemark. Dit het gelei tot toedienings- en verspreidingsdienste as deel van die aanbieding.

 

Gewas- en boerderypraktyke het ’n pasgemaakte oplossing vereis om die nodige voedingstowwe te verskaf en NPK het hiermee die geleentheid geneem om die verspreiding van gemengde kunsmis na die mark te bring.

 

Vanaf die 1980’s het Nitrophoska ’n volledige gedesentraliseerde diens aan hul kliënte gebied wat presisieboerdery, hantering, vervoer, meng en verspreiding van kalk, gips en kunsmis ingesluit het.

 

Ons is trots daarop om reeds, vir meer as 50 jaar, ’n betroubare verskaffer vir ons kliënte, ’n lojale vennoot vir ons verskaffers en diensverskaffers, en ‘n werkgewer aan ons personeel te wees



About us

Dienste

About us

About us

About us

Doelwitte

  • Om ’n betroubare vennoot van ons kliënte en verskaffers te wees.
  • Om kwaliteit produkte, diens en ondersteuning aan te beveel en te verskaf.
  • Om ’n familie-omgewing vir ons lojale personeel te bewerkstellig en om regverdig, inklusief en die voorkeurwerkgewer te wees.


Share by: